Midde-Ooste: Enigste oplossing is twee state

Die buurland se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê Suid-Afrika stem saam dat die uiteindelike oplossing vir die konflik tussen Israel en die Palestyne ʼn twee-staat-oplossing is. Sy het te midde van toenemende konflik in die streek die Verenigde Nasies se veiligheidsraad toegespreek, tydens sy kwartaallikse ope debat oor die Midde-Ooste. Pandor sê Suid-Afrika stem saam met die dringende oproep dat ʼn skietstilstand onmiddellik afgekondig word en dat toegangsroetes geopen word sodat hulp die mense in nood kan bereik: