NamRA help vandag oor hoe om jou belastingopgawe te voltooi
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, nooi individue en besighede uit om aan te sluit by NUST se ouditorium 01 tussen half-12 en een-uur vandag vir ‘n sessie oor die berekening van belasting. Volgens Tonateni Shidhudhu van die agentskap, sal kenners beskikbaar wees om enige navraag by te staan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus oor die geleentheid gesels.