Root sê span moet meer eendagwedstryde speel
Die Engelse kolwer, Joe Root, sê die span moet meer eendagwedstryde speel om op die hoogste vlak te kan meeding. Die verdedigende kampioen is tans heel laaste op die Wêreldbeker-punteleer met slegs een oorwinning in vier wedstryde, en daar bestaan ʼn wesenlike gevaar dat hulle in die groepfase uitgeskakel kan word. Volgens Root het hulle in die aanloop tot die toernooi slegs 42 eendag-wedstryde gespeel in vergelyking met 88 voor hulle in 2019 gewen het. Hy sê ook dis moeilik om te bepaal wie jou beste spelers is wanneer jy nie in dié formaat speel nie.