‘Ons is nie geken in volksmoord-reparasies’

Reaksie word ontvang op berigte dat die hersiening van die ooreenkoms oor volksmoord reparasies stil staan. Die minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah het ook verklaar sy kan nie sê daar is enige vordering in verband met samesprekings hieroor nie. Die eerste ooreenkoms tussen die Duitse en Namibiese regerings, waar net meer as 18 miljard Namibiese dollar oor 30 jaar in ontwikkeling deur Duitsland in Namibië belê sou word, is verwerp deur die geraakte gemeenskappe, die Ovaherero en Namas. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, gesels.