Swakopmund Raad, voedselkiosk-operateurs vergader

Die ekonomiese ontwikkeling departement van Swakopmund se Munisipale Raad het in 2023 ‘n mobiele voedselkiosksbeleid ingestel om die gladde werking en toesig van kiosks in die dorp te herorganiseer en te verseker. Die Raad het egter weerstand ondervind van sommige lede van die gemeenskap en kiosk-operateurs. Die Raad het nou ‘n vergadering belê om die uitdagings aan te spreek en nooi alle mobiele voedselkiosk-operateurs en belanghebbendes uit om dit by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het by die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, meer uitgevind.