Zuma bly in die nuus

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bewerings dat hy soldate ontplooi het om Jacob Zuma se ondersteuners in Nkandla te konfronteer, weerlê. Lede van die Mkhonto weSizwe-militêre veterane-vereniging kampeer uit by die voormalige Suid-Afrikaanse president se woning in KwaZulu-Natal, en beloof hulle gaan keer dat hy inhegtenis geneem word. Die Konstitusionele Hof het Zuma tronkstraf van 15-maande vir minagting van die hof opgelê. Die SANW het bevestig berigte van ‘n ontplooiing is vals nuus en veroordeel die verspreding van vals inligting op sosiale media. Hy waarsku dat sulke bewerings paniek en chaos kan saai.