Bobi, wêreld se oudste hond, groet vir laaste keer
Die wêreld se oudste hond het sy laaste asem uitgeblaas. Bobi, ‘n opregte Rafeiro do Alentejo, is in Februarie deur Guinness-wêreldrekords as die oudste hond geïdentifiseer. Bobi was 31 jaar en 165 dae oud. Hy is as pasgebore hondjie amper saam met die res van die werpsel van kant gemaak omdat sy eienaars te veel diere gehad het, maar is per geluk agtergelaat. Die eienaars se seuns het hom ontdek en weggesteek tot sy ogies oopgegaan het. Sy baas, Leonel Costa van die Portugese dorpie Conqueiros, een van die seuns, skryf Bobi se langslewendheid toe aan die kalm, vreedsame omgewing waarin hy gewoon het.