Namibië word ‘n bestemming vir mensehandel – Shikongo

Die Namibiese polisie lei sy lede op in mensehandel en die bekamping daarvan. Dit is ‘n internasionale kwessie en raak ook Namibië, veral in verband met kulturele praktyke. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie het die opleiding amptelik geopen.

Luitenant-generaal Shikongo, sê Namibië is besig om ‘n bestemming vir mensehandel te word.