Namcor verduidelik 3D-opnames vir aanlandige eksplorasie

Reaksie word ontvang op berigte dat die petroleumkommissaris, Maggy Shino sê die regering beplan om ‘n 3D-skandering aanlandig te doen vir moontlike eksplorasie. Shino sê Namibië is aktief op soek na beleggers om sy olie- en gaspotensiaal te ontsluit, insluitend dié met aansienlike hulpbronne en diegene wat oor gespesialiseerde tegnologieë beskik wat gepas is vir die streek se unieke uitdagings. Tot op hede, was alle olievondse aflandig. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se woordvoerder Paulo Coelho, gepraat.