Nampol meld nog ‘n onwettige aborsie aan

Die Namibiese polisie het nog ‘n geval van ‘n moontlike onwettige aborsie aangemeld. Volgens die mag se weeklikse misdaadbulletin het ‘n werker by die water versuiweringsaanleg naby Brakwater ‘n fetus ongeveer twee tot drie maande oud gevind. Die werker het die ‘n skerm in die aanleg, wat deur rommel blokkeer was skoongemaak en op die gru-vonds afgekom. Die mag sê ‘n ondersoek is van stapel gestuur.