Een vas met ietermagô-vel

Die onwettige jag van wild of beskermde spesies ken blykbaar geen einde nie. ‘n 35-jarige man is Vrydagmiddag met die vel van ‘n ietermagô gearresteer tydens polisie-optrede by die Time Square winkelsentrum in Ondangwa. Volgens die misdaadverslag sal die verdagte in die Ondangwa landdroshof verskyn op ‘n klag van besit van beheerde wildprodukte.