Vervoer-ministerie kry nuwe voertuie

Die vervoer-ministerie het by die kabinet toestemming gekry om 30 Toyota Fortuners en twee Landcruisers aan te skaf teen ‘n koste van 25 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie sê die aankope is nodig omdat hy nie nuwe voertuie gekoop het in die laaste 10 jaar nie, en die voertuie wat hy het begin die einde van hul leeftyd bereik. Hulle breek ook gereeld en die parte en algemene instandhouding is duur en ‘n ekonomiese las. Die nuwe voertuie sal in die ministerie se motor-vloot gebruik word as instaanvoertuie vir politieke ampsdraers wanneer ander voertuie in die werkswinkel is.