Agt Kaapse strande kry blouvlagstatus

As mense nie lus is vir Swakopmund oor die feesseisoen nie, kan hulle dalk die Kaap probeer. Agt strande in Kaapstad het blouvlagstatus by die Natuurlewe en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika ontvang met nog twee wat voorlopige blouvlagstatus toegeken is. Die erkende strande is onder meer Bikini-strand, Kampsbaai, Clifton se 4de Strand, Muizenberg en Silwerstroom. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, deel meer.