Weerdiens-hoofde bespreek klimaatsverandering

As een van die voorste meteorologiese dienste bied die Suid-Afrikaanse Weerdiens, saam met die Wêreld Meteorologiese Organisasie en die Henley Business School Africa, ‘n week-lange bedryfsleiers-opleidingsprogram aan oor leierskap en bestuur in Sandton. Die bedryfhoof van die Weerdiens, Ishaam Abader, sê op die week-lange geleentheid, wat môre begin, sal 60 hoofde van meteorologiese en hidrologiese dienste van regoor Afrika en wêreldwyd, praat oor hoe om hulle organisasies beter toe te rus om die uitdagings te hanteer wat klimaatsverandering inhou.