Missielaanval eis 6 Oekraïense poswerkers

Ses mense is dood en minstens 14 beseer in ‘n Russiese missielaanval wat ‘n posverspreidingsentrum in die oorloggeteisterde noordoostelike Oekraïense stad Kharkiv getref het, het Oekraïense amptenare gesê. “Russiese missiele het die Nova Poshta-sentrum getref – ‘n gewone burgerlike voorwerp,” het president Volodymyr Zelenksiy op die Telegram-boodskaptoep gesê. Die dooies en beseerdes was werknemers van die possentrum, volgens die polisie. Verder suid het Oekraïne probeer om ‘n nuwe aanval deur Russiese magte te keer, te midde van Kiev se stadige en uitmergelende teenoffensief wat al maande lank voortduur.