Moenie robbe teister nie

Die Stad Kaapstad en die Dierebeskermingsvereniging het hulle woede uitgespreek oor die voortslepende teistering van ʼn rob in die Strand. Dit het daartoe gelei dat die rob ʼn besoeker aangeval en uiteindelik gesterf het. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê die rob het die afgelope paar dae net op die strand gerus, maar is met klippe en stokke gegooi en lede van die publiek het hom getart.