Invoere op vark word aangepas deur ministerie

Die landbouministerie het toelaatbare invoere van varkprodukte aangepas as gevolg van voortplantings- en respiratoriese sindroom. Invoere word net toegelaat as die land van oorsprong vry is van die siekte of die besending se oorsprong is in ‘n gebied wat daarvan vry verklaar is. Indien nie, sal kwarantynvoorwaardes en toetsing toegepas word. Transitovervoer word nie geraak nie. Jona Musheko, die Ministerie van Landbou se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat…