Amerikaners gewaarsku wanneer hulle reis
Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het ‘n wêreldwye veiligheidswaarskuwing uitgereik teen moontlike aanvalle vir al sy burgers wat buite die land reis. Die departement sê dit is weens verhoogde spanning op verskeie plekke regdeur die wêreld, die moontlikheid vir terreuraanvalle, én betogings of gewelddadige optrede teen Amerikaanse burgers en belange. Die departement sê Amerikaners wat reis, moet by die Smart Traveller-program aansluit, om inligting en waarskuwings te ontvang en sodat hulle makliker in ‘n noodgeval opgespoor kan word.