Xinfeng v Alweendo: Saak weer in die hof

Die saak van die Chinese litium-mynmaatskappy Xinfeng Investments teen die lynminister Tom Alweendo kom vandag in die hoërhof voor. Regter Ramon Maasdorp het aan die einde van aan die einde van Junie in Xinfeng se guns bevind en hom ‘n tydelike interdik teen enige aksies toegestaan en nou word die saak waar hy die opheffing van sy lisensie deur Alweendo uitdaag aangehoor. Die partye sal na verwagting vandag uitstel vra omdat Xinfeng verdere dokumente aangevra het wat die ministerie nog nie kon voorsien nie. Die minister van blykbaar uitstedig. ‘n Uitstel van 14 dae sal vandag aangevra word. Die kwessie van litiumontginning in die Uis-omgewing het uiters omstrede geword met Alweendo wat gesê het die maatskappy was nie eerlik in sy aansoek nie en die Uis-gemeenskap wat sê daar is geen voordeel vir hulle met die Chinese se teenwoordigheid nie.