Epukiro brand steeds, sedert Dinsdagmiddag

Die groot veldbrand woed steeds by Epukiro Pos 3 in die Omaheke-streek. Die intense vuur brand al sedert Dinsdagmiddag. Daar is tans ‘n span op die grond, maar hulle sukkel om die brand te beheer weens sterk wind en ‘n gebrek aan brandbestrydingsmateriaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Ronny Kandapaera, die tegniese adviseur by die Epukiro-kiesafdelingkantoor, gesels oor die jongste, en die nuus is nie goed nie.