X wil US$1 per jaar hef vir gebruik
Sosiale media-platform X, voorheen bekend as Twitter, sê hy gaan ‘n nuwe intekeningmodel toets waaronder hy 1 Amerikaanse dollar as jaarlikse fooi sal hef vir basiese kenmerke. Die nuwe intekening wat as “Nie ‘n Bot” genoem word, sal gebruikers hef vir ‘likes’, herplasings of die aanhaling van ander rekeninge se plasings, en boekmerkplasings op die webweergawe van die platform. Die doel van die bekendstelling van die nuwe intekeningmodel is om bots en ‘spammers’ te bekamp. X sê dat die fooi van land tot land sal verskil op grond van die wisselkoers.