So raak Bibi en Hamas se bakleiery jou sak

Die voortslepende gewapende konflik tussen Israel en Palestynse militante onder leiding van Hamas het op 7 Oktober begin en daar is geen teken dat dit binnekort sal afneem nie. Minstens 3 000 mense is sedert verlede Saterdag in die Gaza-strook dood, volgens die Palestynse gesondheid-ministerie. Israel het belowe om Hamas uit te wis, en daar word gevrees dat ander lande in die streek betrokke sal raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, gepraat wat verduidelik hoekom die oorlog ons sakke kan raak.