Venaani wil Sacky se visvang-wet wysig
Leier van die opposisie PDM, McHenry Venaani, het weer chaos in die Nasionale Vergadering ontketen toe hy eis dat ‘n private lede wetsontwerp ingestel word om die Wet op Mariene Hulpbronne te wysig. Die wet is deur die fishrot-beskuldigde Sacky Shangala ontwerp om die ontginning van mariene hulpbronne te reguleer. Die speaker, Peter Katjavivi, het gevra vir ‘n stemming oor ‘n debat van die mosie, wat deur 22 lede ondersteun is maar 46 Swapo-lede was daarteen. Die doel van die wetsontwerp is om die visserye-minister se diskresionêre gesag oor die toekenning van kwotas te beperk.