Begrotingsdatum bepaal, sal nog bekend gemaak word
Die datum vir die middeltermyn begroting is volgens die woordvoerder van die finansministerie Wilson Shikoto reeds bepaal en sal binnekort aan die publiek bekend gemaak word. Die minister, Ipumbu Shiimi het reeds sy konsultasies, in samewerking met die Nasionale Beplanningskommissie voltooi. Shikoto sê daar is verskeie insette gelewer wat besteding sal bepaal.