Groot handelskou kom na Swakopmund

Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid bied binnekort sy jaarlikse Swakopmund International Trade Expo aan in Swakopmund. ‘n Aantal plaaslike en internasionale handel-uitstallings en handelskoue word in Namibië aangebied en Namibiërs, sowel kleinskaalse as gevestigde besighede, woon internasionale sake-ekspo’s buite die land by. Die vraag ontstaan wat die langtermyn impak van hierdie uitstallings op veral klein en medium ondernemings is, en of entrepreneurs die rolle daarvan verstaan. Die direkteur van SME Compete, Danny Meyer, lug sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.