Goewerneurs vra moratorium op voertuigaankope moet gelig word – dit is

Verskeie goewerneurs en voorsitters van streeksrade wil hê die moratorium op nuwe voertuie moet gelig word. Die versoek lok reaksie uit omdat die regering reeds ‘n geruime tyd terug president Hage Geingob se vyf-jaar verbod wat hy in Mei in 2020 ingestel, gelig het. Die huidige begroting vir nuwe voertuie is tans 285 persent hoër en verteenwoordig die hoogste bedrag in sewe jaar met 210 miljoen Namibiese dollar wat bestee sal word waarvan die helfte aan die ministerie van veiligheid en sekuriteit sal gaan. ‘n Groot bron van kommer is die regeringswerkswinkels wat nie fondse ontvang het nie. Daar is uitdagings met die werkswinkels se kapasiteit, veral vir die luukse Duitse voertuie waarvoor die regering so lief is, en ‘n tekort aan beskikbare onderdele as gevolg van uitgebreide diefstal. Volgens die jongste berigte sê die vervoerministerie het hy onlangs weer onderdele ontvang en kan met herstelwerk voortgaan.