Swyg-bevel teen Trump
ʼn Amerikaanse federale regter het ʼn gedeeltelike swyg-bevel teen oudpresident Donald Trump uitgereik in sy saak oor ʼn vermeende poging om die presidentsverkiesing in 2020 omver te werp. Dit volg na onlangse opmerkings waarin die oudpresident aanklaers as ʼn span boewe, en een getuie in die saak as ʼn lamsakkige vark beskryf. Regter Tanya Chutkan sê Trump se kandidatuur vir die presidentskap gee hom nie die reg om staatsamptenare wat net hulle werk doen as skurke uit te kryt nie. Trump sê hy gaan teen die swyg-bevel appelleer.