Humanitêre korridor moet in Gaza gestig word
Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep vir die onmiddellike instelling van ‘n humanitêre korridor in die Gaza-strook te midde van die voortgesette konflik tussen Israel en Palestina. Dit is om onbelemmerde deurgang van gesondheids- en humanitêre voorrade, asook personeel en die ontruiming van pasiënte en gewondes, toe te laat. Die WGO se noodbeampte in Gaza, Husam Zomlot, sê toegang vir nood mediese spanne in die veld word ernstig deur die beskadiging van infrastruktuur ontwrig: