SARS voer beslagleggings uit

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, doen ʼn oproep op alle wetstoepassingsagentskappe om hulle aggressiewe stryd teen misdaad voort te sit. Dit volg nadat SARS regoor die land ʼn grootskaalse soek-en-beslagleggings-operasie uitgevoer het teen talle vermeende lede van steenkool-smokkelsindikate. Die verdagtes sluit gewese Eskom-werkers in wat verkrygingsbedrog moontlik gemaak het, asook ander individue wat betrokke was by die omruiling van hoëgehalte-steenkool. Kieswetter sê hulle beraam die fiskus se verlies aan inkomste weens die sindikate op meer as 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand.