Cholera blyk om verby te wees – Phaahla
Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, het bevestig daar was in langer as drie maande geen cholera-gevalle ná die uitbreking in Hammanskraal in Pretoria nie. Die minister het onthul die persoon wat onlangs gesterf het, is verkeerdelik met cholera gediagnoseer en daarna is bevind hy het ander onderliggende siektes gehad. Hy het op ‘n nuuskonferensie oor die stand van die openbare gesondheidstelsel gepraat na aanleiding van openbare kommer oor voëlgriep. Phaahla verseker die publiek pluimveeprodukte soos eiers en hoender is veilig vir menslike gebruik: