NamRA loop deur oor ellelange oudits wat net nooit klaar kom nie

Sommige lede van die publiek is gefrustreerd met die Namibiese Inkomstediens en sê dit is besig om Namibiese besighede dood te wurg. ‘n Ontstoke lid van die publiek sê NamRA neem dikwels meer as vier jaar om belasting op toegevoegde waarde-terugbetalings te doen en hulle betaal ook nie die voorgeskrewe rente nie. NamRA voer aan dat ‘n terugbetaling eers betaalbaar is sodra hulle ‘n oudit gedoen het. Dit is wetlik nie korrek nie, maar hulle neem steeds drie tot vier jaar om ‘n terugbetalingseis te oudit. Steven Ndorokaze, die hoof van strategiese kommunikasie by NamRA, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.