Amushelelo se saak staan (weer) still, krag is af
Verrigtinge in die Katutura-landdroshof is gestaak nadat die krag afgegaan het. Michael Amushelelo se saak word vandag verhoor maar, dit is onmoontlik sonder die rekenaar- en opneemstelsels, sowel as lig, in die hof. Amushelelo se vrou, Julieta, sê dit is vreemd dat elke keer dat haar man se saak aangehoor moet word is daar een of ander vertraging.