Kommer oor Johannesburg se boeke
ActionSA in Johannesburg sê hy is diep bekommerd oor die finansiële status van die Stad Johannesburg. Hy sê met ‘n begroting van sowat 80,9-miljard-rand behoort die stad sy finansiële verpligtinge te kan nakom, maar die teenoorgestelde is waar. Khomo Mashala van ActionSA sê een voorbeeld is dat die Joburg-teater al sy gasvryheidsdienste opgeskort het weens die uitstaande betalings van die stad: