NEFF sê (uiteindelik) Amushelelo moet vrygelaat word
Die omstrede NEFF-lid en arbeidsaktivis Michael Amushelelo se saak in verband met die mislukte werkloosheidsoptog op 21 Maart vanjaar, kom weer vandag in die Katutura-landdroshof voor. Daar is deur sy vrou Julieta, en sy party, ‘n beroep op ondersteuners gedoen om by die hof te betoog vir borg vir Amushelelo. Hy word sedert Onafhanklikheidsdag aangehou en is borg geweier, omdat hy drie keer twee vorige sake se borg voorwaardes oortree het. Kalimbo Iipumbu van die NEFF-party het by ‘n persvergadering in die hoofstad gesê sy volgehoue aanhouding is onaanvaarbaar.