Honderde haweloses by sportstadions raak nou ‘n probleem

’n Komitee wat verskillende ministeries betrek is saamgestel om die kwessie van honderde haweloses wat by die Katutura-stadion en Khomasdal-stadion gehuisves word, aan te spreek. In 2020 as gevolg van die Covid-19-inperking is haweloses by die sportstadions gehuisves, maar die getal het toegeneem en hulle het steeds nie teruggetrek na hul streke nie. Agnes Tjongarero, Namibiese sportminister, sê dit het ‘n probleem vir die ministerie geword.