Hage en Cyril, en ministers, vergader in hoofstad
President Hage Geingob en sy Suid-Afrikaanse eweknie sal môre en Vrydag die 3de sitting van die Namibië-Suid-Afrika Bi-Nasionale Kommissie in die hoofstad hou. Ministers van die twee lande sal ook vergader en kyk na samewerking op verskeie vlakke insluitend ekonomies, maatskaplik, verdediging en sekuriteit. Om handel te versterk sal ‘n Namibië-Suid-Afrika Besigheidsforum op die kantlyn van die kommissie gehou word. Die totale handelsvolume tussen die twee lande het verlede jaar 67,1 miljard Namibiese dollar bereik, ‘n toename van 13,5 persent teenoor 2021.