Wet oor staatsinligting weer in die nuus
Kritici van die omstrede Suid-Afrikaanse Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting vra duidelikheid oor dié wetsontwerp se lot. Hulle eis dat dit heeltemal geskrap word, maar daar is geen reaksie uit die Parlement nie. President Cyril Ramaphosa het dit in 2020 terugverwys en kommer oor die grondwetlikheid aangevoer. Oudpresident Jacob Zuma het in 2013 dieselfde gedoen. Kritici vra nou ‘n besluit oor die wetsontwerp se toekoms te midde van voortslepende onsekerheid. Right2Know se woordvoerder, Sthembiso Khuluse, sê hulle bly gekant teen die wetsontwerp: