Kindersteuntoelae moet verhoog word, sê verslag

‘n Verslag in opdrag van die buurland se regering beveel aan die kindersteuntoelae moet met 250 Suid-Afrikaanse rand verhoog word om dit te laat ooreenstem met die 760 rand voedselarmoede-perk. Die verslag, wat opgestel is deur navorsers van die Universiteit van Kaapstad se Kinderinstituut, dui aan die aanpassing sal ‘n bykomende bedrag van 23 miljard rand van die Nasionale Tesourie vereis. Die waarde van die kindersteuntoelae het gekrimp weens inflasie, veral wat kospryse betref. Kenners lê klem op die dringendheid van die kwessie en sê dit is noodsaaklik om die koopwaarde van die toelae te herstel.