Veeboere moet vleisraad-databasis help opdateer
Die Vleisraad van Namibië doen ‘n beroep op alle veeboere om hul inligting op sy databasis op te dateer. Die raad in samewerking met die Direktoraat Veeartsenydienste het begin met ‘n data-opruimingsveldtog wat spesifiek betrekking het op geregistreerde veehandelsmerke en veesensusdata. Die opdatering moet gedoen word weens ‘n groot aantal ongebruikte veehandelsmerke en verouderde veehouer-inligting op die nasionale databasis. Die doel is om die nasionale databasis skoon te maak deur alle ongebruikte veehandelsmerke teen 31 Oktober op te skort. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr. Sarah Luvala van Veeartsenydienste gesels wat meer deel.