Unisa verwelkom uitspraak teen Nzimande

Die Universiteit van Suid-Afrika het die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak verwelkom wat die Hoër Onderwys-minister, Blade Nzimande, verbied om die universiteit onder administrasie te plaas. Unisa sê ‘n verslag deur ‘n onafhanklike assessor wat wanadministrasie en finansiële kwessies aandui, is fundamenteel gebrekkig en onvanpas. Die universiteit sê totdat sy kant behoorlik in ‘n hof aangehoor word, glo hy dit is voortydig vir Nzimande om die assessor se aanbevelings in te stel.