Nored begin elektrisiteitsmeters opgradeer

Die noordelike streeks elektrisiteits verspreider, Nored, doen ‘n beroep op kliënte om hul voorafbetaalde elektrisiteitsmeters te laat opgradeer, aangesien die sagteware wat in die meters gebruik word aan die einde van November volgende jaar wêreldwyd sal verval. Nored is dus besig om die Token Identifier-oorrolprojek te implementeer, sodat voorafbetaalde elektrisiteitsmeters na November 2024 funksioneel kan bly. Simon Lukas, woordvoerder van Nored, doen ‘n beroep op streekraadslede vir ondersteuning met die verspreiding van inligting, opvoeding van die publiek en bewusmaking. Hy sê hulle staar verskeie uitdagings in die gesig, insluitend om toegang tot eiendomme te kry en hekke wat gesluit is. Lukas sê mense met ongemagtigde aansluitings bied weerstand om toegang te verleen, en hy versoek kliënte om nie onwettige elektrisiteitsverbindings met hul bure te bewimpel nie.