Proteas ‘op hul gemak’ met Indiese toestande

Krieket: Suid-Afrika se Wêreldbeker-veldtog begin môre teen Sri Lanka in Delhi. Eric Simons is die huidige boulafrigter van Suid-Afrika. Hy was ook die boulafrigter van Indië onder Gary Kirsten toe hulle in 2011 die Wêreldbeker op tuisbodem ingepalm het. Simons is sedertdien vir meer as ʼn dekade betrokke by die Indiese Premierliga. Met soveel Proteas in die IPL, glo Simons hulle is op hulle gemak met die Indiese toestande.