Wat beteken groen-waterstof vir jou en my?
Groen-waterstof word gemaak met behulp van hernubare energie. Namibië, een van die wêreld se sonnigste en mees ylbevolkte lande, wil sy potensiaal vir son- en windenergie benut om groen waterstof te produseer en homself as ‘n hernubare energie-spilpunt in Afrika te posisioneer. Ons hoor baie van groen waterstof en hoe die produksie daarvan die land sal bevoordeel en klimaatsveranderingsfaktore sal help versag. Maar hoe sal dit die gewone burger bevoordeel? Kosmos 94.1 Nuus het met James Mnyupe, die groen-waterstofkommissaris, gepraat oor hoe ‘n gewone burger groen waterstof sal gebruik.