Erongo is propvol toeriste, sakesektor uiters dankbaar

Sosiale media is vol van plasings van talle toeriste wat opgemerk word, veral by die kus. Kosmos 94.1 het onlangs berig dat terwyl die groot groepe in busse nog nie hul terugkeer sedert 2019 gemaak het nie, is daar duisende besoekers wat in huurmotors hulle eie toere onderneem. Ekonome het ook onlangs voorspel dat Namibië se piekseisoen vanjaar moontlik 2019-vlakke kan bereik. Erongo het veral swaar gekry met ‘n verlengde Covid-inperking maar, dit blyk om iets van die verlede te wees. Die bekende sakeman aan die kus, Anton von Wietersheim gesels met Kosmos 94.1 Nuus.