Bouplanne in hoofstad onderpresteer
Bouplanne vir Stad Windhoek vir Augustus is bekend. Volgens IJG Sekuriteite is daar 181 planne gedurende die maand goedgekeur, 13 minder as in Julie vanjaar. Die goedkeurings is 66,5 miljoen Namibiese dollar werd, 48,7 persent laer as die waarde wat in Julie aangeteken is. Sedert Januarie is 1 290 bouplanne ter waarde van 905,4 miljoen dollar goedgekeur in die hoofstad wat 22,6 persent laer is as dieselfde periode verlede jaar. Op ‘n 12-maande basis is die planne ook laer as die ooreenstemmende vorige periode, 17,3 persent minder in hoeveelheid en 29,4 persent minder in waarde. IJG sê konstruksie in die hoofstad onderpresteer en 2023 se syfers is laer as al die jare sedert 2014.