Gebeure in Amerika slaan rand, Namibiese dollar hard
Die Suid-Afrikaanse rand, en daarmee saam die Namibiese dollar, word tans hard geslaan deur ‘n lewendige Amerikaanse dollar en swakker fabrieksaktiwiteit in die buurland. Die rand het vanmiddag om kwart voor vier teen 19,25 teenoor die dollar verhandel, nadat dit gister sowat 15 persent gedaal het. Ontleders kan nie met sekerheid sê wanneer die bloedbad ‘n einde gaan kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels oor hoekom die rand swak vaar.