GRN is lief vir sy weermag-besteding

Die Namibiese regering is weer onder skoot vir sy besteding op sekuriteitsgroeperings wat die besteding op gesondheid en maatskaplike projekte ver oorskry. Volgens die Tender Bulletin ontvang gesondheid en maatskaplike dienste net onder 5 persent van die totale besteding van 6,5 miljard dollar in die ontwikkelingsbegroting. Maar, Afrika-regerings is bekend vir hulle liefdesverhoudings met hulle weermagte en die Afrika-kenner, professor Nixon Kariithi sê hulle maak ‘n reuse-fout met die tipe besteding.