NSFAF-studente het tot 15 Oktober om kontrakte te teken
Die Namibiese studente hulpfonds doen ‘n beroep op al die goedgekeurde studente vir 2023 wat nog nie hul kontrak onderteken het nie, dat hulle tot 15 Oktober tyd het om dit te doen. Die 2023-toekenningsproses sal op 31 Oktober sluit, vir die fonds om voorsiening te begin maak vir die aanvang van die 2024-aansoekproses vir finansiële bystand op ‘n datum wat nog vrygestel sal word. Kennedy Kandume, NSFAF se hoof uitvoerende beampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en deel meer.