60 witrenosters vanuit Namibië uitgevoer

Die omgewings-ministerie het vier permitte vir die uitvoer van 60 witrenosters deur private individue in die huidige boekjaar uitgereik. Romeo Muyunda, die ministerie se skakelbeampte, sê 47 renosters is na Zambië uitgevoer en 13 na Angola. Hy sê die permit om 47 renosters uit te voer is uitgereik aan ‘n private eienaar wat besluit het om al sy renosters in Zambië te hervestig. Die ministerie het ook vier invoerpermitte uitgereik vir vier witrenosters wat deur private eienaars uit Suid-Afrika ingevoer is.