Belangrikheid van sensus word weer beklemtoonOctober 2, 2023
Die personeel wat die nasionale sensus uitvoer sukkel in verskeie gebiede om toegang te kry, sowel as samewerking van die publiek. Die adjunk-statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, Ottilie Mwazi sê daar is uitdagings met die sensus, en dit is moontlik dat die persone nie die belangrikheid van die sensus verstaan nie. Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van sensus-inligting, veral as dit kom by nasionale beplanning.